Monday, January 31, 2011

Hondehemel

KOM ONTDEK DIE PLATTELAND: 'n Hemel vir honde. Wat is lekkerder vir hond se kind as om saam met sy baas oor 'n naweek die pad uit die stad te vat na die platteland? Hier hang Victor, 'n beagle, al glimlaggend uit die motor van mnre. Jens Friis en Niel de Leeuw. Die foto is geneem by die nedersetting Austin's Post in die suidwes-Vrystaat. Foto: Jens Friis

Thursday, January 27, 2011

Naas beste strandstad ter wêreld

Kaapstad is aangewys as die naas beste strandstad ter wêreld. Só het Lonely Planet se lesers gestem tydens dei 2011 Traveller's Choice Awards. In die eerste plek was Barcelona. Kaapstad het beter gedoen as die gewilde Rio de Janeiro en Sydney. Foto: Jens Friis