
Op ‘n  keer kom kuier my Deense neef in Suid-Afrika.   Dis sy eerste besoek, en ook die eerste keer dat enige van ons Europese  familie ‘n draai kom maak in ons Suiderland.
Jesper  se vakansiedae is beperk en ons probeer soveel moontlik  inpas.
Maar  aan die einde van die vakansie is dit toe nie die Tuinroete of Tafelberg wat hom  die meeste beïndruk het nie, maar wel ons “roadtrip” deur die Groot  Karoo.
Wat ‘n  dagrit moes wees het onbepland ‘n “bestemming” in sy oë geword.  
Jesper  kon maar net nie uitgepraat raak nie oor hierdie onbevolkte wêreld se stilte en  sterre, die uitgespande hemel en die nimmereindigende  horisonne.
Daar’s  meerdere Suid-Afrikaners wat die 
Gwynen  Conlyn skryf in “Delicious Travel” daar is party mense wat nooit vat sal kry aan  die 
Maar  sommiges, soos Jesper, word onmiddellik deur die 
“Dis  immers ‘n plek waar mens mens 
Oftewel soos Jannie du Toit sou sing:   “Eenvoud is die vreugde van die lewe.”
En toe ons onder  karee buite Middelburg stop, merk Jesper op:   “Europa is gans te`cluttered’.” Digby is ‘n opstal wat se agterlaas tot  aan die einder strek. 
‘n Uur later ry  ons die Vallei van Verlatenheid binne.   Sowat 230 miljoen jaar gelede het prehistoriese diere hier gewei waar die  Sondagsrivier nou vir Graaff-Reinet omarm.
In dié dorp drink  ons ‘n Fanta Float om die dors te les.   (“
Windpompe draai  om water uit die dorre aarde te haal vir kuddes dorpers.  Die Deen is dol oor ‘n paar springbokke,  bloukraanvoël, en ystervark wat ons pad kruis.
En toe ons die  Potjiesbergpas na die Klein Karoo oorsteek sê my welberese neef filosofies:  “Dis met rede wat daai 
Nou-ja, mag ons iets daaruit leer!   
Carlo  Goldoni het nie sonder rede gesê:  “Die  wyse reisiger verag nooit sy eie land nie.” 
