Wednesday, April 7, 2010
Karkloof: Waar tyd vergaan
JENS FRIIS het gaan "tyd koop" by Karkloof, duskant Pietermaritzburg.
KARKLOOF SPA WELLNESS AND WILDLIFE RETREAT is die enigste wat vanjaar ‘n gesogte Relais & Chateaux-eiendom in Suid-Afrika sal word. Boonop het SA Toerisme dit aangewys as 2009 se beste "Akkommodasie Verskaffer in Suid-Afrika".
En dít is gewis nie om dowe neute nie.
Met ons kuier daar stap ons deur ‘n ongeskonde reënwoud (‘n klipgooi van Pietermaritzburg, maar in ‘n vallei sodat jy saans g’n liggies sien nie)
Swem in ‘n poel waarin 'n waterval stort (dis hoër as die Victoria-waterval).
Vergaap ons aan ‘n dagoue renostertjie (so klein soos ‘n molshoop).
En word gepamperlang in die plaaslike spa (die grootste in Afrika).
Ja, Karkloof ís in ‘n klas van sy eie.
Wat elders hoogtepunte sou wees soos ‘n piekniek in die veld met sononder óf om te swem in ‘n verligte warmwaterswembad onder maanlig, is hier bloot nóg ‘n heerlikheid.
"Maar bowenal probeer Karkloof vir sy gaste tyd koop. Dít waarvan almal te min het ," sê Carin Walton, die spa-bestuurder.
En as daar slegs één ding is van dié besonderse plek, wat my moet by bly, dan sou dit juis dít wees: dat jy hier tred verloor van tyd.
Só sit sekere spa-behandelings vir die horlosie ore aan deurdat jou liggaam blykbaar tot drie keer soveel rus kry as wanneer jy slaap. Tyd word relatief as jy in ‘n bad dryf en dobberend opkyk na gekleurde "sterretjies".
Dié kleurterapie en ander lekkertes wérk, want jy stap met hernude energie daar uit.
Twéé keer kyk jy as duikers en koedoes wei bo-op die eko-vriendelike spa se platdak waar groen gras groei.
Daar is ellelange lyste van dinge te doen by Karkloof, maar die wonderlike wete is dat die besluit by jóú lê. Jy kan enige tyd, enigiets doen. "Haas" is ‘n woord wat nie bestaan. Voel jy laat-aand na roer-eier-en-spek, kan jy dit in jou kamer kry. Wil jy ‘n vis uit ‘n bergstroom trek, sal ‘n sjef sorg dat jy later daaraan kan weglê. Of as jy op 'n wildsrit wil gaan, is ‘n gids heeldag op sy pos.
En eienaardig genoeg, gebeur daar iets heel besonders as jy nie afsprake het nie: dis asof jou dae rek.
Karkloof sal jou soos ‘n handskoen pas as jy jou moet afvra wanneer laas het jý só ‘n sorgvrye dag beleef.
Soos ‘n gas opmerk: "In die week word ek gebombardeer met mense en hul probleme. Daarom is ek snoep met my naweke en kies fyn waar ek dit deurbring. Karkloof is ‘n immergewilde keuse, want die personeel dring nie jou persoonlike ruimte binne nie, maar sorg tog dat alles altyd byderhand is."
En voorwaar gaan níks dié personeel verby nie.
Op die eerste dag vra ons die gasvrou wat se vloeibare seep hulle gebruik, want dit ruik ene blom. Met ons vertrek wag ‘n flessie daarvan vir ons as ‘n totwedersiens-geskenkie.
Óf merk jy oor middagete teenoor die kelner op dat dit lyk of die wolke opsteek, gaan loer hy ongevraagd op die internet én rapporteer terug of die son gaan skyn, al dan nie.
Ja, die personeel is gekonfyt in die lewering van onberispelike diens.
Vir diegene vir wie tyd belangriker is as geld (én dit kan bekostig), kan ek nie aan ‘n beter plek dink as Karkloof nie.
Laat jou liggaam en siel hier heel - op jou eie tyd.
Ek beveel Karkloof onvoorwaardelik aan.

SOU JY GAAN …
WAAR? Karkloof is 24 km van Pietermaritzburg in die rigting van die Albert Falls-dam.
PRYS: Jy kan oorbly vir vanaf R2500 per nag tot R3990 (alles ingesluit). Hoe langer jy bly, hoe goedkoper word dit (reservations@karkloofspa.com). Die spa is oop vir die publiek, maar besprekings is 'n móét (tel. 033-569-1321).
DIT BLY MY OOK BY: Lees jy deur die gasteboek, is daar gereeld gaste wat skryf dat hulle hou van die interieur van die restaurant, ontvangs, die kamers ... En dis verblydend, want jy kan sien daar is baie werk, tyd en liefde daarin gesteek. Stilering is immers ‘n manier om die wereld ‘n bietjie mooier te maak.
VIR MEER INLIGTING: www.karkloofspa.com
Sunday, March 14, 2010
Thula Thula
Toe Irak aan die brand was het Lawrence Anthony sterwende leeus in die Baghdad-wildtuin gaan red. Nou bied hy 'n tuiste vir olifante wat elders moeilikheid gemaak het in sy wildtuin in die hart van Zoeloeland. JENS FRIIS het gaan inloer om uit te vind waarom bekendes soos Julio Iglesias tot pres. Jacob Zuma hier kom uitspan.
HOOR jy die naam Thula Thula, kom 'n plek van rus en vrede by jou op soos in die bekende Zoeloe-wiegeliedjie. Dis dan ook wat Thula Thula deur die jare geword het: méér as net 'n wildreservaat vir toeriste en 'n blyplek vir wilde diere. In Afrikaans is daar nie 'n pasklaar woord vir "sanctuary" nie, maar "toevlugsoord" of "geslote jagtyd" sou kon doen. Beide dié vertalings spréék tot Lawrence Anthony, die eienaar van dié wildtuin, want dis hoe hy Thula Thula sou wou beskryf.
Sprekend hiervan is 'n trop olifante wat elders moeilikheid gemaak het en nou 'n nuwe tuiste by Thula Thula gevind het. Anthony het hulle gerehabiliteer tot so ‘n mate dat hulle nou selfs nader kom as hy hulle roep. Hy is oortuig dié diere, en veral die matriarg Nana, ken hom. Daar word vertel as Lawrence tuiskom ná ‘n lang reis kom groet die olifante hom. En dis oor hierdie spesiale verbintenis tussen mens en dier wat sy boek, The Elephant Whisperer, gaan.
Ons gesels op die stoep van Thula Thula se basiskamp terwyl Anthony, die omgewingsbewaarder, die een na die ander klaargerookte sigaret dooddruk.
Dis met trots wat Anthony vertel van die talle diere in die Baghdad-dieretuin wat hy gered tydens die oorlog in Irak. "Dié dieretuin was die grootste in die Midde-Ooste, maar omtrent die meeste diere het gevrek weens honger en dors, want daar was niemand wat vir hul omgegee het nie."
As kind het dit 'n geweldige indruk op hom gemaak hoe diere in Duitse dieretuine gevrek het tydens die Tweede Wêreldoorlog. "Dieselfde het gebeur in Kosovo en Afghanistan. Ek kon nie toelaat dat dit ook in Baghdad gebeur nie."
Só is Anthony toe na dié oorlog-geteisterde stad met 'n goeie voorraad dieremedisyne. En genadiglik kon hy van die inwoners en soldate oortuig om hom te help en die diere te red. Dié storie vertel hy in Babylon's Ark, 'n boek wat selfs die aandag van Hollywood getrek het. Deesdae is die Baghdad-dieretuin weer 'n groot aantrekkingskrag en lok jaarliks 5 miljoen besoekers per jaar.
Anthony was altoos geïnteresseerd in omgewingsbewaring. Toe Thula Thula, die oudste private wildtuin in Kwazulu-Natal, teen die mid-1990’s in die mark kom het hy sy eiendomsontwikkelingsbesigheid verkoop en sy bewaringsbelangstellig sy nuwe beroep gemaak.
Hy en sy vrou Francoise, 'n elegante Parysenaar, het mekaar ontmoet in Londen terwyl beide op 'n taxi gewag het. Vandat hulle op Thula Thula woon probeer hulle die plaaslike Zoeloes help om die omgewing se natuurlike hulpbronne te ontsluit deur ekotoerisme.
Die area se kulturele en natuurlewe erfenis kan eeue teruggespoor word. Só was dit eens die legendariese jaggrond van koning Shaka. Boonop is Umfolozi, die oudste wildtuin van sy soort in Afrika, is net 'n klipgooi ver. Umfolozi dateer uit 1895 en word gereken as dié reservaat wat die witrenoster van uitwissing gered het.
Vir 15 jaar probeer Anthony reeds die omringende Zulu-stamme oortuig om hul grond op te gee en 'n nuwe, groot wildtuin te vorm. Hy glo dit sal werk skep deur toerisme en die omgewing beskerm teen toekomstige ontwikkelings.
"Stropers slaan reeds al hoe minder toe op Thula Thula, want die gemeenskap besef watter voordele toeriste inhou. Boonop is dié wêreld meer geskik vir wilde diere as bokke of beeste."
Ná ons kuiertjie met Anthony die vorige aand, is ons die volgende oggend douvoordag op. 'n Ervare gids gaan ons die bosse invat tydens 'n wildsrit.
Maar op dié oggend is Thula Thula se bekende olifante nie lus om gesig te wys nie. Ons sien net een grys kolos waar hy vroegoggend nog dut tussen ruie bosse. Die res van die olifanttrop speel wegkruipertjie.
Maar dis glo hoog uitsonderlik dat jy hulle nié sien nie. En soos enigeen weet: wildkyk is soos dobbel. In Lawrence se woorde: “It’s just luck.”
Waarvoor ek wel pa kan staan is dat jy hier ‘n allemintige hoeveelheid uiteenlopende voëls in ‘n klein area sien. By die 370 voëlspesies is al getel en dit het byna geklink soos die Aandlied van die Voëls!
Ons wildsrit het ‘n bevredigende hoeveelheid buffels, sebras, kameelperde en koedoes opgelewer.
Ook het die gids die rit opgekikker met allerhande fabels en feite soos dat die rooibokke hul lammetjies tot twee maande langer kan dra as die reën nie wil kom nie, en dat die erdvarke hul gate snags vir die vlakvarke leen om in te slaap. Soos hy sê: “It’s almost something like time-sharing”.
Die meeste etes by Thula Thula word in die buitelug bedien. Aan die stuur van dié al fresco-etes staan Francoise wat die beste van die Franse kookkuns met die plaaslike vermeng het en dit “Franco-Zoeloe cuisine” gedoop het. Francoise was met ons kuier in Frankryk omdat ‘n familielid siek was, maar ons kon nietemin weglê aan haar kleurvolle, soms ongewone disse.
Ook die chalets se versierings sou beskryf kon word as ‘n vermenging van koloniale Franse grandeur en koninklike Zoeloe-styl. Só is daar ryklik gebruik gemaak van luiperdvelmotiewe teenoor goud, glas en hemelbeddens.
Maar as jy nader aan die natuur wil oornag is die luukse Tentkamp dié plek. Die interieur hiervan is baie meer aards en die kleurskema neutraal. By Thula Thula is nie malaria-muskiete nie, maar muskietnette oor die beddens van die agt tente sorg nietemin dat jy rustig kan slaap. Elke tent het ‘n en-suite badkamer met ‘n Victoriaanse-bad of ‘n buite-stort.
Bedags kan jy in die Tentkamp se swembad ronddryf en kyk hoe die diere kom en gaan óf ‘n uiltjie knip in ‘n hangmat langs die Nselenirivier. Saans is die beskutte boma die plek om weg te lê aan braaivleis en potjiekos terwyl die vuurvlamme die donker nag ophelder.
Ja, rustiger kan dit skaars in Afrika. Wat kan jy méér verlang van Thula Thula?
SOU JY GAAN
· Ry van Durban sowat 2 ure noord met die N2 tot by die Richardsbaai-afrit. Draai hier links. Na omtrent 15 km sal jy die eerste van Thula Thula se padaanduiders sien. Die reservaat is sowat 20 km verder. Die laaste 9 km is ‘n grondpad. Met ons besoek was dit erg gespoel en dis wys om hier stadig te ry.
· Andersins kan jy na die Richardsbaai-lughawe vlieg óf Thula Thula se 700 m-landingstrook gebruik.
· Moenie jou sonbril, sonbrandolie, pet, verkyker en kamera tuis vergeet nie.
· Meer inligting: www.thulathula.com of bel 035-792-8322.

Tuesday, February 16, 2010
Met heimwee uit Seeheim
DIT was die keer toe ons Lüderitz toe is, dat ek die eerste keer van Seeheim gehoor het.
By 'n internetartikel was daar 'n foto van dié nedersetting en dié kiekie was meer as genoeg rede om daar 'n draai te maak.
Op die bodem van 'n kloof het Seeheim gelê met 'n paar palmbome wat net-net bokant die omringende heuwels uitsteek.
Só moet 'n oase in die Sahara (of dan die Namib) lyk, het ek gedink.
En 'n oase was Seeheim inderdaad.
Maar aikona, 'n rerige dorp was dit nie meer soos van ouds nie.
Vanmeleë het elke trein uit die Republiek hier aangedoen en was die passasiers verplig om oor te slaap.
Dit was in die dae toe Seeheim 'n belangrike spooraansluiting was vir treine uit Suid-Afrika na Suidwes-Afrika en ook na Lüderitzbucht se hawe en diamantvelde. Verder het ook boere langs die Visrivier het hul tabak en groente na dié stasie gebring.
In dié begin-dae was Seeheim selfs groter as Keetmanshoop en kon dit met ‘n skool, kerke en drie hotelle spog.
Die Bellville Hotel se deure was oop tussen 1905 en 1913.
Die Riverside Hotel is op 'n eiland in die Visrivier gebou en het in 1922 weggespoel toe 555 mm reën glo in twee dae uitgesak het.
En dan was daar die Seeheim Hotel wat die langste besigheid gedoen het. Dit is in 1896 uit plaaslike klip gebou om die Schutztruppe (Duitse koloniale troepe) te huisves en dis in die 1920’s tot ‘n hotel omskep.
Maar toe die B2-pad tussen Keetmans en Lüderitz in 1974 geteer en verlê is, het ook dié hotel gesluit.
Boonop het Lüderitz se diamante min geword en is Walvisbaai as hawe ontwikkel.
Só het Seeheim letterlik 'n spookdorp geword. Die spoorweghuise het leeg gestaan en hoewel baie erwe aan Duitsers behoort het, het niemand meer hier gewoon nie.
Vir byna 'n kwarteeu het daar niks in Seeheim gebeur nie totdat Zirkie Kloppers die Seeheim Hotel in 1996 gekoop het en twee jaar later heropen het.
Die bestaande 6 slaapkamers is tot 28 uitgebrei, 'n swembad is gebou en so ook 'n lapa.
Op die hakke hiervan het 'n taksidermie-besigheid in 2000 gevolg en die Seeheim Meubelfabriek in 2003.
En só is daar stadig maar seker weer 'n bietjie lewe in dié eertydse dorpie geblaas.
Deesdae is Seeheim nes van ouds weer 'n oase vir reisigers in die dorre suid-Namibië.
Jy kan uiteraard hier oorslaap, maar as dit nie by jou reisplanne inpas nie, is dit 'n móét om minstens iets af te sluk onder die hotel se koel sinkstoep
En van hier kan jy dan die pad vat na Kolmanskop, Ai-Ais se warmwaterbron, die Visriviercanyon, Sossusvlei se reuse duine, Lüderitz, of Keetmanshoop se kokerboomwoud.
SOU JY GAAN
* Seeheim is 40 km wes van Keetmanshoop en 310 km oos van Lüderitz. GPS: S 26.815700 E 17.800560
* Daar is ook ‘n Seeheim in Duitsland waar Lufthansa ‘n groot opleidingsentrum het.
* Bouwerk aan die treinspoor tussen Lüderitz en Keetmanshoop is reeds ver gevorder. So hopelik sal treine eersdaags weer deur Seeheim stoom.
* Die piepkleine Seeheim is nie enig in sy soort nie. Ander nedersettings in die suide van Namibië wat weinig groter is, is byvoorbeeld Grünau en Helmeringhausen. Volgens The Top 10 of Everything is Namibië naas Mongolië die ylbevolkste land ter wêreld: 1,8 miljoen mense vir 825 418 vierkante kilometer.
* Vir meer inligting loer by www.seeheimhotel.com.
Monday, January 11, 2010
Riebeek-Oos
- Jens FriisRIEBEEK-OOS was vir dekades "a little village virtually lost in time", soos 'n Engelse Oos-Kaapse vriend dit beskryf.
Maar danksy 'n groeiende belangstelling in eko-toerisme beleef Riebeek-Oos 'n herlewing soos laas in die dae toe Piet Retief hier geboer het. Dat Riebeeck-Oos naby aan Grahamstad (37 km) en die Addo Nasionale Park is, help. Boonop vind sommige van Port Elizabeth se stadsjapies dit 'n aangename wegbreekplekkie.
Riebeek-Oos is allermins die volgende Clarens of Montagu (en sal dit ook nooit word nie), maar erwe word reeds vir R100 000 stuk verkoop, terwyl eienaars dit vroeër vir 'n appel en 'n ei wou weggee.
Dié dorp is in 1842 op die plaas Mooi Meisjes Fontein van Piet Retief, aangelê, toe 'n behoefte ontstaan het vir 'n eie kerk. Die boere was moeg om elke Nagmaal 130 km met hul ossewaens na Uitenhage af te lê.
Waarom dit na goewerneur Jan van Riebeeck vernoem is, vermeld geen bron. (Dié Hollander was immers reeds byna twee eeue weg uit die Kaap)
In 1854 sou die agtervoegsel "Oos" by "Riebeek" gevoeg word om dit te onderskei van Riebeek-Wes naby Malmesbury.
Terloops, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes in die Swartland is nie dieselfde plek nie. "Die twee "Riebeecks", 4 km uitmekaar, is aan godsdienstige onenigheid te wyte. Die gemeenskappe van Riebeeck-Kasteel en Riebeeck-Wes het tot die 1850's onder die Nederduits Gereformeerde Kerk op Malmesbury geval," leer Willie en Sandra Olivier se "Toergids vir Suid-Afrika". "Na 'n besluit in 1854 om 'n gemeente in die Kasteelvallei te stig, het 'n geskil oor die ligging van die kerk ontstaan en dit het twee afsonderlike gemeentes tot gevolg gehad."
Maar om terug te keer na die oplewing in Riebeeck-Oos: Vir bykans 170 jaar is Piet Retief se ongeskrewe reël nagevolg dat geen sterk drank hier verkoop mag word nie. Maar dit het verlede jaar tot 'n einde gekom toe die Knoesen-familie 'n kroeg geopen het. Dit vorm saam met 'n restaurant, poskantoor en buiteverkope die Kleingenoeg Mini Market.
Omdat dit omtrent die enigste besigheid in die dorp is, doen jy hier aan ongeag of jy op pad is na die Grahamstadse kunstefees, in die omringende heuwels kom stap, of die lengte van koedoehorings kom skat by die kerkbasaar.
Baie besoekers kom ook na dié geweste omdat dit een van die enigste plekke in Afrika is waar jy die Groot Vyf kan sien sonder die gevaar van malaria.
Onder die bekendste wildreservate tel Addo en Shamwari.
Maar nie almal is in hul skik oor al die private wildplase wat in die Oos-Kaap soos bossies opskiet nie.
Mnr. Gugile Nkwinti, 'n voormalige LUR vir landbou, het al volgens die Oos-Burger gesê: "Dorpies soos Alicedale en Paterson is oorgeneem deur die mense van Shamwari. Riebeeck-Oos is oorgeneem deur ’n Noor. ’n Kanadese vrou het in samewerking met grondbesitters ’n groot stuk grond gekoop en die bewoners afgeskop."
Die hartseer lot van sulke soort ontworteldes, het Nkwinti destyds gesê, is dat hulle in plakkersbuurte en townships moet gaan woon.
Maar hoe dit ook al sy, Riebeek-Oos, herleef. Oor die hedendaagse "alkohol-drinkery" sou Piet Retief moontlik frons, maar oor die oplewing op die grond waar hy eens geboer het, sou hy sweerlik glimlag.
Oos, Wes, Tuis, Bes
Van waar Gehasi?
Daar is sóveel Suid-Afrikaanse dorpe met rigtingaanduiders in hul name, dat dit soms kophou kos.
Buiten Riebeek-Oos en Riebeek-Wes, is daar ook in die oud-Kaapprovinsie 'n Somerset-Oos en Somerset-Wes asook 'n Barkly-Oos en Barkly-Wes wat albei heet na Engelse goewerneurs aan die Kaap.
Maar daar's egter g'n Beaufort-Oos nie - net 'n Beaufort-Wes. Dieselfde geld vir Victoria-Wes, Westville en Westonaria. Aliwal-Noord, Noordoewer en Oos-Londen is ook só enig in hul soort.
South Shepstone was die oorspronklike naam van Port Shepstone.
En dan is daar die dorpe wat dit nooit nodig geag het om 'n rigtingaanwyser by hul name te voeg nie. Van Richmond, Heidelberg en Middelburg is daar etlikes in verskeie provinsies.
As jy sukkel met name en rigting sal die volgende kalante jou waarskynlik ook laat wik-en-weeg:
* Ventersburg, Venterstad en Ventersdorp;
* Vredendal en Vredenburg;
* Ladysmith en Ladismith;
* Groblersdal en Groblershoop;
* Hopetown en Hoopstad.
Subscribe to:
Posts (Atom)