Die kompetisie was die breinkind van Bernard Weber, ‘n Switserse filmmaker en museumkurator. Die doel hiermee is om “die mensdom se erfenis wêreldwyd te beskerm,” berig National Geographic News.
UNESCO wat die Wêrelderfenisprogram koördineer het die kompetisie gekritiseer. “Hierdie inisiatief
Maar hieraan het die mensdom hom skynbaar min gesteur, want meer as ‘n honderd miljoen stemme is uitgebring.
Sommige lande se regerings het die kompetisie gesteun soos in Brasilië, maar die Chinese regering het geweier dat die kompetisie selfs net uitgesaai word op hul TV-kanale.
Die Chinese muur is die grootste mensgemaakte struktuur op aarde. Dis gebou tussen die vyfde eeu voor Christus tot die sestiende eeu oor 6 400 km.
Die enigste Europese finalis was die Colosseum in
Bekende Europese bakens soos die Eiffeltoring in Parys, die Akropolis in Athene en Stonehedge in Brittanje kon nie die paal haal nie.
Die Vatikaan het die organiseerders van die kompetisie gekritiseer omdat geen Christen-monumente onder die twintig gewildste wonders was nie.
Jordanië het die kompetisie ernstig opgeneem en die plaaslike koninklike familie het die inwoners gevra om vir
Daar is heelwat gedebatteer of die Egiptiese piramides tuishoort op hierdie “nuwe wêreldwonder”-lys. Dit is die enigste wonder wat nog bestaan en op die bekende “antieke wêreldwonder”-lys was.
Egiptiese geskiedkundiges was woedend omdat dit aanvanklik genomineer was op die “nuwe lys”. Volgens hulle is die piramides “die enigste werklike wonder”. Op die ou end is die piramides geskrap van die “nuwe lys” en is daar ere-status hieraan gegee.